top of page
Search

Hangbrug by die Pretoria Nasionale Dieretuin

Updated: 19 hours ago

ree

Einde 2013 het Jan Appelgrein en ek die voorsitter Dirk Bester genader met 'n versoek dat die werkspan van Die Vriende van die Dieretuin die Hangbrug oor die Apies rivier in die dieretuin kan restoureer. Hier is ons nou 18 maande en R152 000 later, honderde man ure gewerk. Met net een Saterdag in 'n maand op 'n Pretstap. Sweet het gespat en partykeer het bloed ook gevloei, moet ook nie vergeet van duisende skroewe wat ingedraai moes word nie en daarna seer hamstrings.



Nou is ons uiteindelik klaar en al die lede van die werkspan voel dieselfde. Goeie werk gedoen tot voordeel van die publiek wat die hangbrug gebruik en ook tot voordeel van die Dieretuin. 'n Wen Wen situasie. Soos ek Saterdag gesê het met die inwyding van die brug, die volgende projek is goedgekeur en die werkspan is reg vir die Plaaswerf. As julle ons daar sien werk met die Pretstappe kom groet ons en kom kyk gerus na die vordering. 


2015

DESEMBER



NOVEMBER



OCTOBER



SEPTEMBER



AUGUSTUS



JULIE



JUNIE



APRIL



MAART



FEBRUARIE



JANUARIE



 
 
 
bottom of page